Die Nood
Amos 8:11 as agtergrondteks wat na die behoefte verwys wat by mense bestaan om God
te ken en te dien.
Net Kerk se primêre bedoeling is om kinders van God wat buite die struktuur van tradisionele kerk leef te bereik
Bed en Brekfis (vry vertaal?). By Net Kerk verwys dit na die grondbeginsel van Christenskap: Bemoedig en Bemagtig.
Nogal interressant dat die ‘bed’ te doen het met bemoedig en die ‘brekfis’ met bemagtig. Dis soos die boodskap ontvang is.
Mense moet weer bemoedig word met al die kosbaarhede van die Bybel en God se betrokkenheid by die mens en die wêreld. Daar is duisende doemprofete en oordeelspredikers wat vreesaanjaende dinge oor God en Sy skepping kwytraak. Te veel mense gaan kruip agter baie goed weg om net weg te kom van hierdie uitsprake. Net Kerk wil net weer goeie nuus neersit dat mense weer met nuwe moed na God en sy Openbaring kan kyk en sien dat Hy steeds by hulle is en die pad saam met ons loop.
Bemagtig spreek iets aan wat selde aangespreek word. As ‘n mens uit ‘n tradisionele kerkdiens uitstap, is hy selde of ooit bemagtig. Behalwe om oor die mooi of minder mooi preek te praat en ‘n effe lekker gevoel te hê wat Maandag weer weg is. Die kerk van Christus se betekenis is juis dat elke lid bemagtig is om AL die dinge te doen waartoe Christus hulle bemagtig het. Net Kerk sal dus ten doel hê om kinders van God te bemagtig. Individueel daar waar jy leef, maar ook as groepe waar daar ookal bymekaar gekom word. Daar is baie ‘herlewings’ wat net van geleentheid tot geleentheid lewe toon. Dis tussen die geleenthede dat jy leef vir God se Koninkryk en wat ‘n groot gemis is by die Christendom.

- om hulle te bemoedig dat God hulle nie gelos het en ‘n oordeel oor hulle uitspreek omdat hulle die tradisie verlaat het nie. Christus alleen is jou redding.
- om ‘n geestelike tuiste te skep waar sulke mense weer kan sê hulle behoort. (As hulle dit nodig vind) Nie ‘n nuwe kerkformasie met nuwe reëls en wette nie, maar ‘n geestelike tuiste wat die versekering gee dat aanbidding van God en redding in Christus ‘n geestelike beginsel is wat deur God bevestig word en nie deur mense en strukture nie.
- om begeleiding te verskaf wanneer Net Kerk mense self in groepe bymekaar kom om te deel op watter vlak en manier ookal. Ook vir strukture wat die beginsels van Net Kerk onderskryf en deel.
- Net Kerk is niemand se eindom of ‘n nuwe model vir dogmatiese stellings nie. Dis bedoel om ‘n rusplek te wees te midde van modelle, argumente, standpunte, eie agendas en koue vorms van aanbidding. Niemand se naam gaan hier verskyn as leier nie en al kan daar ‘lede’ wees en Christene wat hulself so noem, is dit slegs ‘n rusplek waar die Koninkryk van Christus ‘n werklikheid word in die woorde van "die vrede van God" (Fil.4:7) en die "sabbatsrus" (Heb.4:9).
- Die beginsel of leefwyse v Net Kerk kan beskryf word deur ‘n teken wat ons baie langs die strate sien.