Net Kerk - Die Definisie
Net Kerk is ‘n beweging wat kerkwees doodgewoon by kinders van die Here wil laat realiseer. Kerk moet ‘n lewenswerklikheid wees en ‘n lewende werklikheid en nie iets wat een of twee dae ‘n week aandag kry of my tyd in beslag neem nie.
Die woord ‘kerk’ kom eintlik nie in die Bybel voor nie. Wat die meeste gebruik word is die woord 'gemeente' wat dui op die bymekaarkom van Christene. Ons hou egter by die woord ‘kerk’ vir die beweging (Net Kerk), want dit dui op iets wat groter is as gemeente, maar ook die begin van gemeentewees bepaal.
In Openb.1:10 is daar ‘n Griekse woord ‘kuriake’ wat waarskynlik die oorsprong van ons huidige woord ‘kerk' is. Johannes praat daar van “op die dag –van die Here-“. Die vroeg Anglo-Saksies en Duitse tale het die woord “kuriakon” begin gebruik om aan te dui: “(hulle wat) van die Here (is).” Die Griekse woord 'Kuriake' is ‘n besitlike voornaamwoord van die woord ‘Kurios’ wat ‘Here’ beteken. Dus in kort: "van die Here."
Net Kerk is dus nie ‘n mure-kerk of ‘n ‘naam’kerk nie. Dit is ‘n “van die Here” waar jy kerk kan wees. Dit begin by jou wat glo dat jy “Kuriake” is en dit loop deur jou lewe oral. Jy kan die beginsels gebruik om self kerk te wees en as daar twee of drie bymekaar kom (of 5000), kan dit die naam wees wat jy jouself gee of die groep hulle self gee.
Net Kerk is nie ‘n denominasie of naam-kerk nie (mure-kerk) en is nie verbonde aan of ondersteun ‘n bepaalde groep of denominasie nie. Daarvan is daar genoeg en te veel.
As jy iemand in die straat stop en vra wat is ‘kerk’, wys hy na ‘n gebou of hy sal denominasies (name) aanhaal as hy nou regtig goed ‘gekerk’ is. En elkeen verdedig sy eie ‘kerk’ tot die dood (of ten minste ernstige beserings!)
As jy iemand vra waar hy Sondag was, sal hy sê hy was by die kerk (of nie). Of iemand nooi jou uit om kerk toe te gaan.
Al hierdie is onskriftuurlik. Jy kan nie ‘kerk toe’ gaan nie. Hoe kan jy kerk toe gaan as jy self kerk is? Dit veroorsaak dat mense ‘n afstand tussen hulle persoonlike lewe en hulle ‘kerkwees’ skep. (kyk ook PPT) Die eerste beginsel is dat JY kerk is. Die individu wat glo in die verlossingswerk van God se genade in Jesus Christus, is die begin van die kerk. As jy alleen op ‘n eiland is of in ‘n vreemde land is, mag jy jou die reg toe-eien om jouself KERK te noem. As iemand jou dan vra van watter ‘denominasie’: dan gee jy die lekker plat antwoord: Net Kerk. Daar is nie ‘n ‘ander kerk’ nie.
Die website het ons geskep om boodskappe, preke, lering en hulp te lewer. Die idee is dat mense in die veld (enige plek waar jy leef) bemagtig sal word om self kerk te wees en hulself te bedien of mekaar te bedien. Dit kan nou in groepe plaasvind of net in huisgesinne en ook enkelinge in groot afsondering. Op die manier kan elkeen wat by Christus se kerk betrokke wil wees, gehelp word met informasie, maar ook met ‘n ‘behoort’ aan ‘n sentrale beginsel/beweging.
Die kerke (nie mure-kerk nie) kan dan elkeen sy eie vorm aanneem soos die gemeentes van die dorpe en stede in die Nuwe Testament en ‘n netwerk vorm van kerk wat oor enige grens gaan en niks tradisies in ag neem nie. Die wat tradisies en kultuur steeds wil leef en beleef, kan dit steeds doen in bestaande denominasies en bewegings.
Om op te som: Ek is volgens tradisie ‘kerklos’ en almal is bekommerd oor my. Ek is ook ‘kerkloos’ wat my by die tradisie ‘n heiden maak. Die goed pla my glad nie, want ek weet wie ek is in die Here en dat die geloof wat my vry gemaak het, my ook kind van God maak en nou hou ons ‘kerk’ saam met baie sommer enige dag en byna elke dag, want dis ‘n lewenswyse. “Join the club” en as jy lankal ook ‘kerklos’ is, tel op jou kop en wees trots.
God het jou nie uitgesmyt uit sy Koninkryk uit nie. (Dit was sommer net mense wat probeer het.)
Lees ook die PPT en die kom later terug wanneer ons uitbrei oor ‘buite die mure’ en ' `n lewenswyse’.
Jy mag dalk selfs vra: wat van nagmaal? Dit gaan ons nog alles hier bespreek...