PPT - Plek, Persoon, Tyd
Die
beginsels wat die begin veroorsaak het. Vanselfsprekend is dit God en die
Bybel. Daar is so baie goed gesê in die geskiedenis rondom en oor die Bybel en
oor God.
As aantree tot die ontsagwekkende gesprek oor God en sy mens, is die Bybel die bron wat bepalend is. Enige stelling of standpunt is dus Bybels gegrond. Meer daaroor later.
Die eerste aspek is dit wat min aandag kry. Verhouding.
Alles gaan oor verhouding. Eers met God en dan met mense en natuur. God het geskep sodat ons in verhouding met Hom kan wees. God het alles geskep om in verhouding met Hom te wees. As dit jou dryfkrag word om God te ontdek, dan word baie goed oopgekrap.
Wat is ‘n meetbare verhouding met God? Is dit nou as jy wonderwerke doen, tale praat, bid en kerk toe gaan en al die kulturele godsdienstige goed wat alle ander godsdienste ook doen? Wat maak ons dan verskillend? Die Bybel meet hierdie verhouding in die sigbaar word van verhoudings. Verhoudings na jou medemens en verhoudings na die skepping.
Iemand wat nooit of halfpad in positiewe verhouding met mense leef, vloek en skel of bloot liefdeloos leef, ken God nie en het Hom nie gesien nie. Daarby voeg mens die manier waarop mense met die natuur leef. God se skepping. Maak nie saak hoe jy dit bewoord nie. `n Mens wat gevoelloos teenoor die skepping leef, is nie in verhouding met God nie of ten minste nie in ‘n lewende verhouding met Hom nie.
Dis nou hier waar jy kan begin om net Bybeltekste op te stapel, want hierdie is oral in die Bybel. Dis die dryf agter die Bybel. Daar is te veel teologie geskryf wat hierdie nie as die begin en eindpunt het nie. Dis die dryfkrag.
Die kulturele godsdiens het veroorsaak dat die mens soek na ander maniere om sy ‘verpligting’ na te kom. Ander maniere om God te probeer omkoop dat Hy dalk kan dink dat jy in verhouding met Hom is. Dis soos in die natuurgodsdienste en die veelgodedom en by die ouens wat wette nakom en offers bring. Almal probeer die verhouding systap in een of ander hoop dat die God beïndruk sal wees.
By die kulturele kerk en tradisie-godsdiens vind jy dit by PPT. (Ek noem dit mure kerk.) Die verhouding by die meeste is met Plek, Persoon en Tyd. Hiermee gee ek nie kritiek op die bestaande sisteem nie, maar gebruik ‘n noodsaaklike maatstaf om te meet of jy wel in verhouding met God is.
P = plek: die plek wat geboue inneem by aanbidding en godsdiens. Jy kry dit by alle godsdienste maar vir hierdie doel, die Christen. Vra enige persoon om sy eerste gedagte te gee as jy die woord KERK gebruik. Dit wissel van: ons gaan kerk toe of daar is die kerk. Toegegee dat die woord kerk eintlik nie in die Bybel voorkom nie en dat gemeente eintlik dit is wat in die Bybel staan. Die verskuiwing na die woord kerk het juis die gebou na vore gebring. Die probleem is egter dat die verhouding deur die gebou bepaal word. Voeg hier in die denominasionele verskynsel. Ek gaan na die N-kerk of B-kerk of iets in die lyn. Eintlik kan jy nie kerk toe gaan nie. Jy kan nie iewers gaan wat jy IS nie. Kerkwees is dit wat jy IS en nie dit waar jy heen gaan of waaraan jy behoort nie. Maak nie saak hoeveel keer jy na die gebou gaan nie. As jy nie eerstens in lewende verhouding met God is nie, dan word jou verhouding deur die gebou/denominasie vasgevang en bepaal. Dan is dit waarskynlik nie ‘n lewende verhouding met God nie.
P = persoon. Die persoon, van die predikant of priester of pastoor, is dikwels al verhouding wat mense met God het. As die priester dit gesê het, dan is dit wet. Hy preek. Hy beraad. Hy vertel my van hoe ek met God leef en Hy bid vir my. Aan die een kant is die sisteem besig om hierdie mag te elimineer, want daar is honderde denominasies en name in sirkulasie. Tog vestig dit weer in die ander vorm van mag. Die mega kerke word gewoonlik deur ‘n idividu gedryf al het die pastoor ‘n klomp ‘werkers’ onder’ hom. Watter potensiaal het die ‘kerkmense’ om self alles te doen wat die pastor doen? Ek was nou weer betrokke by mense wat bedien word met ‘nagmaal’ deur ‘n reisende leraar. Die mense se verhouding word bepaal deur die persoon.
T= tyd. Dis die eina een. Tyd is die dag. Soos Sondag. Bedink die sin: ons gaan Sondag kerk toe. Is dit enigsins moontlik? Wat bepaal die verhouding. Jare lank het ons die geweldspreke gehoor oor hoe jy hel toe gaan as jy nie Sondag kerk toe gaan nie, maar van Maandag tot Saterdag is daar ‘n afkoeling wat plaasvind of sommer bloot ‘n afskakeling. Maandag se ‘verhouding’ met God lyk nie enigsins soos Sondag sin nie. As jy baie vroom is dan bepaal die Sondagverhouding my Maandag verhouding. Maar om die verhouding met God kunsmatig aan die gang te hou, sleep ek elke week die dag in, kom my verpligting teenoor die dag na en kry ‘nuwe krag’.
Die saak van PPT is dit: vat dit weg en daar is geen of min verhouding met God oor. As jy ooit wil meet of jy in verhouding met God leef, ‘n lewende verhouding, vat dan hierdie nie-Bybelse aspekte uit en meet dit na ‘n maand of ‘n jaar. Ek is van mening dat dit juis die rede is waarom totale gemeenskappe in morele verval ingaan sodra hulle ‘kerklos’ raak. Dis vir my meetbaar.
Kom ek maak dit maklik: sonder om te sê of dit goed of sleg is: hoe moeilik is dit vir ‘n praktiserende prostituut om ‘kerk toe’ te gaan? Waar het die hele stryd om lidmaatskap van homoseksuele en derglike vandaan gekom? Die PPT was die gewete. Nie die direkte verhouding met God nie.
Hieroor baie kommentaar asb. En dan insette oor wat ‘n lewende verhouding met God in die praktyk behels. Ek probeer ‘n paar aanstip verder aan.