Geloof in Lewenswyse
Baie mense gebruik geloof om iets te bewys soos jou geesteskrag, godsdienstigheid en meerderwaardigheid. Ander weer sal dit as identifisering gebruik. Soos ‘n denominasie of bepaalde kultuur soos pinkster of gereformeerd. Tog is geloof eintlik heeltmal anders. ‘n Lewenswyse.
Geloof is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie.
Geloof is eerder om die lewe te leef met jou gedagtes op iets meer as dit waarmee jy besig is. Jy kyk met oë wat aan die agterkant die ewigheid sien en dit maak dat jy aanhou doen. As jy terug kyk, is daar geen roem op jou goeie en groot geloof nie, want dis die onbewuste krag waaraan jy jou vasmaak vir die hele lewe.