Kerk - ‘n Lewenswyse - Joh.4:23
Joh.4
:7 Daar kom ‘n vrou uit Samaría om water te skep. Jesus sê vir haar: Gee vir My water om te drink—8 want sy dissipels het na die stad gegaan om voedsel te koop. 9 En die Samaritaanse vrou sê vir Hom: Hoe is dit dat U wat ‘n Jood is, van my vra om te drink terwyl ek ‘n Samaritaanse vrou is? Want die Jode hou geen gemeenskap met die Samaritane nie. 10 Jesus antwoord en sê vir haar: As jy die gawe van God geken het en geweet het wie Hy is wat vir jou sê: Gee vir My water om te drink, sou jy Hom gevra het en Hy sou vir jou lewende water gegee het. 11 Die vrou sê vir Hom: Here, U het nie eens ‘n skepding nie, en die put is diep; waarvandaan kry U dan die lewende water? 12 U is tog nie groter as ons vader Jakob nie, wat die put aan ons gegee het en self daaruit gedrink het, en sy seuns en sy vee? 13 Jesus antwoord en sê vir haar: Elkeen wat van hierdie water drink, sal weer dors kry; 14 maar elkeen wat drink van die water wat Ek hom sal gee, sal in ewigheid nooit dors kry nie, maar die water wat Ek hom sal gee, sal in hom word ‘n fontein van water wat opspring tot in die ewige lewe. 15 Die vrou sê vir Hom: Here, gee my daardie water, sodat ek nie dors kry en hier hoef te kom skep nie. 16 Jesus sê vir haar: Gaan roep jou man en kom hier. 17 Die vrou antwoord en sê: Ek het nie ‘n man nie. Jesus sê vir haar: Jy het reg gesê: Ek het nie ‘n man nie; 18 want jy het vyf mans gehad; en die een wat jy nou het, is nie jou man nie. Dit het jy met waarheid gesê. 19 Die vrou sê vir Hom: Here, ek sien dat U ‘n profeet is. 20 Ons vaders het op hierdie berg aanbid, en julle sê dat die plek waar ons behoort te aanbid, in Jerusalem is. 21 Jesus sê vir haar: Vrou, glo My, daar kom ‘n uur wanneer julle nie op hierdie berg en ook nie in Jerusalem die Vader sal aanbid nie. 22 Julle aanbid wat julle nie weet nie; ons aanbid wat ons weet, want die saligheid is uit die Jode. 23 Maar daar kom ‘n uur, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader in gees en waarheid sal aanbid; want die Vader soek ook mense wat Hom só aanbid. 24 God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid. 25 Die vrou sê vir Hom: Ek weet dat die Messías kom, Hy wat Christus genoem word. Wanneer Hy kom, sal Hy ons alles verkondig. 26 Jesus sê vir haar: Dit is Ek wat met jou spreek! 27 En op dié oomblik het sy dissipels gekom en hulle verwonder dat Hy met ‘n vrou in gesprek was. Tog het niemand gesê: Wat verlang U nie? of: Waarom spreek U met haar? 28 Die vrou het toe haar waterkan laat staan en na die stad gegaan en vir die mense gesê: 29 Kom kyk ‘n man wat my alles vertel het wat ek gedoen het. Is Hy nie miskien die Christus nie? 30 Hulle het toe uit die stad gegaan en na Hom gekom. 31 En intussen het sy dissipels by Hom aangedring en gesê: Rabbi, eet. 32 Maar Hy sê vir hulle: Ek het voedsel om te eet waar julle nie van weet nie. 33 Die dissipels sê toe vir mekaar: Het iemand dan vir Hom ete gebring? 34 Jesus sê vir hulle: My voedsel is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het en om sy werk te volbring. 35 Sê julle nie: Dit is nog vier maande, dan kom die oes nie? Kyk, Ek sê vir julle, slaan julle oë op en aanskou die lande dat hulle al wit is vir die oes. 36 En hy wat maai, ontvang loon en vergader vrug vir die ewige lewe, sodat die saaier en die maaier saam bly kan wees. 37 Want hierin is die woord waar: Dit is een wat saai, en ‘n ander wat maai. 38 Ek het julle gestuur om te maai waar julle nie aan gewerk het nie. Ander het gewerk, en julle het in hulle arbeid ingegaan. 39 En baie van die Samaritane uit daardie stad het in Hom geglo oor die woord van die vrou wat getuig het: Hy het my alles vertel wat ek gedoen het. 40 Toe die Samaritane dan by Hom kom, het hulle by Hom aangedring om by hulle te bly; en Hy het daar twee dae gebly. 41 En baie meer het op grond van sy woord geglo 42 en aan die vrou gesê: Ons glo nie meer op grond van wat jy gesê het nie, want ons het self gehoor en ons weet dat Hy waarlik die Christus, die Saligmaker van die wêreld, is.
Die beginsel van kerkwees word baie goed ontleed in Joh.4. Daar is baie ooreenstemmende tekste wat dieselfde beginsels uitspel. Hier egter in ‘n verhaal in Jesus se lewe. Dit volg hoofstuk 4 se verloop. Lees die teks saam met die ontleding.
1ste fase van kerkwees:
Ontmoeting met Jesus. Genade ontmoet jou.
Jesus ontmoet die Samaritaanse vrou by ‘n waterput buite die dorp. Dit lyk byna of Hy ‘n afspraak met haar gehad het. Dit is seker waar. Is dit nie immers die Evangelie nie. Voor ons kon soek na redding, was God se plan op die tafel. (Efe.1:4) Hy ontmoet die vrou dus nie terloops en per ongeluk nie. Jy lees die ook nie terloops en per ongeluk nie. Daar is niks wat in jou is wat Hom dwing om met jou in gesprek te tree nie. Maar Genade maak die afspraak. Daarom die woorde: hoe kan jy wat ‘n Jood is met my, ‘n Samaritaan, praat. (:9)
Die is ook ‘n baie persoonlike gesprek. Om water te vra in hierdie situasie het alle moontlikheid van onpersoonlike handelinge uitgesluit. Die vrou ploeter dadelik verder in die natuurlike lewe. Nes ons as mens is. Jesus draai dit dadelik geestelik. Hy druk die vinger op die pols en bied dadelik lewende water aan. (:10) In hierdie ontmoeting is dit so nodig om te weet dat Jesus jou vat en lewende water aanbied soos jy is. Hy klim nie in met ‘n sambok en slaan jou oor alles wat jy verkeerd gedoen het nie. Die liefde wat Joh.3:16 oor handel kom dadelik na vore. God se model vir kerk is sy genade en liefde. Hy kom. Hy bied aan. Hy doen wat nodig is.
Hy sluit aan by die werklikheid vd lewe: hierdie water moet jy elke dag drink. Sy sluit aan by die tradisie. Jy is tog nie groter as Jakob wat in die geskiedenis die put gegrou het nie. Dan wys Jesus duidelik die verskil tussen die geskiedenis/tradisie en die ware lewe. Die water wat uit die tradisie kom, laat jou tydelik tevrede, maar jy moet aanhou terugkom. Die ware water van die lewe vervul finaal aan die behoefte van jou siel. God se manier is heel tyd om tussen die sigbare en die geestelike te beweeg. Hy gebruik dit wat ons kan verstaan en elke dag mee werk om ‘n geestelike en groter waarheid te verduidelik.
Kerkwees kan net hier begin. Daar is hopeloos te veel klem gelê op die tradisie wat jou trek na die kerkgebou toe en daar kan jy in verhouding met God tree. Dis nie hoe dit werk nie. Kerk begin wanneer Jesus in gesprek met jou gaan om jou persoonlik te wys op die behoefte en jy ontdek die behoefte en jy vra na die water van die lewe.
Fase 2 van kerkwees: Jou besef van hoe nodig jy Hom het.
Die volgende deel kan op 2 maniere verstaan word. (:16,17,18) “Gaan roep jou man….”
Die eerste is wat baie dadelik sê. Jy kan nie ‘n Christen word voor jou sonde nie bely en laat staan is nie. Eers sonde los, dan in gesprek met Jesus. Daar is ‘n voorvereiste vir jou voor jy ‘kerk’ word. Dis ‘n soort wettiese ondersoek wat jou ontbloot en jou sonde en vuilheid uitwys. Die idee van sondebesef en dergelike goed. Hierdie kom so dikwels neer op ‘n medewerker wees aan my redding. Die mens wil niks van genade alleen weet nie. Jy moet iets doen. Besef hoe verkeerd is jy. Maak jouself mooi en word dan deel van die kerk.
Ek dink nie die hantering van die Evangelie op hierdie manier is reg nie.
Wat eerder hier gebeur is dat Jesus haar wys hoe nodig sy het om die geestelike te verstaan. Sy het 5 mans gehad, maar die een wat sy nou het, is net ‘n blyplek. Jesus spreek geen oordeel uit en ruk al die wette uit nie en gooi haar met die boek nie. Eintlik is Hy besig om haar geestelike nood te ontbloot. Elke mens weet wat verkeerd is in sy lewe. As jy in persoonlike gesprek met Jesus gaan, dan hoef Hy nie veel te sê voor jy alles uitblaker nie. Is daar nie ‘n stuk vrymoedingheid wat ontstaan as jy die regte besef van Jesus kry nie? ‘n Ontspanning ten spyte van die goggas wat jy weet daar rondlê in jou lewe.
Ek dink dit volg op die 1e faset van kerkwees. Hierdie besef wat ek van myself kry as ek in persoonlike gesprek met Jesus staan. Ons kan later uitwei oor wat die persoonlike gesprek is en hoe dit kan lyk. Die wonder is dat Jesus nie nou vir haar met ‘n stywe oog aankyk en streng iets uitspreek van ontugtige en slegte vrou nie. Jy sal eers onder sensuur moet kom vir hierdie vuil lewe en die egbreuk.
Op ‘n ander plek doen Jesus dieselfde. Net tussen ‘n klomp mense: by die vrou wat uitgevang is toe sy loslyf geleef het. (seker maar ‘n prosituut?) Vir haar sê Hy daar: ek veroordeel jou ook nie…. Joh.8:11
In ons teks kom die vrou egter weer tot ‘n tradisionele reaksie. (so tipies mens!) Jy moet ‘n profeet wees. Ag. Hoe baie gebeur dit nie in die Christendom met sy strukture nie. Baie hoor die mooiste klanke van die Evangelie, maar dan spring hulle terug na die “comfort zone” van die tradisie. As die ou ‘n profeet was, dan weet hy wat ek gedoen het, maar hy kan ook nie regtig iets daaraan doen nie. Daarom sal ek seker weer ‘n offer moet bring en ‘n klomp gebede moet opsê sodat die vuilheid wat hy my van bewus gemaak het, net beter kan voel.
Die mens reaksie: Kom ons gaan terug na die ou ‘model’ wat ons ken. (:20) Ons vaders het hier op die berg aanbid… Bly by wat jy geleer het. Die predikers, pastore, priesters en al die ‘geroepe’ manne en vroue sal weet wat om te maak.
En dan bring Jesus die gesprek tot ‘n klimaks. Hy spreek die tradisie direk aan. Julle hou hier kerk en ons hou daar kerk, maar daar kom ‘n tyd waarop mense kerk gaan wees in Gees en in waarheid. (eie bewoording :23,24) Eintlik gaan Hy so ver as om te sê dat hulle NIE op daardie berg en NIE in Jersusalem sal aanbid nie. Die einde van tradisie het aangebreek. Jesus is die einde van die tradisie. Die einde van vormgodsdiens. 2000 jaar terug waar die oorlewering vanuit die ou boeke en Ou Testament en wette nog die godsdiens was.
Maar ook hier vandag waar die mens so maklik weer ‘n berg en ‘n tempel gryp en daar aanbid. Gaan na daardie kerk toe. Kom na ons kerk toe. Hier is ‘n heilige plek. Daar is goeie predikers en herlewing. Ek het my kerk. Hoeveel van hierdie is bloot deel van ‘n vormgodsdiens?
Jesus kom sny die tradisie van vormgodsdiens heeltemal af. Hy trek dit binne die persoon in, want dis net binne jou waar jy God kan aanbid in Gees en waarheid. Dis net in ‘n een tot een verhouding met God (deur Jesus) dat jy hierdie aanbidding kan kry. As jy dit nie het nie, sal jy dit by geen byeekoms of kerk kry nie. As jy nie eers kerk IS nie, sal kerk toe gaan jou niks help nie. Kan jy verstaan hoekom daar so baie gepraat word dat die kerk dood is. Hoekom daar so baie programme aangebied word om ‘n bietjie lewe te probeer gee.
Fase 3 van kerkwees: Aanbid in Gees en in Waarheid.
Die persoonlike verhouding met Jesus sny alle vorige maniere van doen by die wortels af. Dit jaag die vormgodsdiens uit. Dit bring die Gees van God weer op die regte plek. Die Gees wys jou wat en wie jy is. Hoe groot jou nood is en dan staan jy in die lig van God se genade oop en bloot. Ontvanklik. Waar jy nie eens probeer om iets te doen om jouself te red nie.
Wanneer Gees en Waarheid jou persoonlik oorgeneem het en jy in hierdie aanbidding kom, dan begin ‘n nuwe lewenswyse.
Die ou lewenswyse kon inhou dat jy 5 mans gehad het waarvan die laaste een net ‘n blyplek is. Dit kon enige iets beteken het waarvan jy nou tot ‘n besef kom dat dit nie werklik lewe is nie.
Die ou lewenswyse sal ook insluit ‘n rondswerf van preek na preek, kerk na kerk, genesingsdienste, profetiese dienste, evangelisasieveldtogte en noem maar op. Mense in ons dag trek rond soos Amos 8:12 sê: heen en weer op soek na God se Woord, maar hulle kry niks.
Om by die persoonlike gesprek en ontmoeting met Jesus te kom, plaas jou dadelik in ‘n persoonlike verhouding met Hom. Dis nou Hy en jy. Dis nou Gees en waarheid wat saamkom. Dit word ‘n lewenswyse. Dis nie meer ‘n vormgodsdiens met moets en moenies in nie. ‘n Vormgodsdiens waar jy net ‘n sitplek en ‘n tiende is nie. ‘n Lewenswyse waar jy elke oomblik, goed of sleg, is gesprek met God staan en weet dat Jesus hierdie verhouding betaal het.
Dis nie ‘n plek nie. Dis ‘n lewenswyse.
Die 4e fase van kerkwees wat hier na vore kom bring nou die groep na vore. Die vrou hardloop terug dorp toe en vertel aan almal wat gebeur het. Sy word ‘n getuie wat opgewonde praat en die hele dorp laat uittrek na die waterput toe.
Ons kan later praat oor als wat daar weer gesê is. Hoe die dissipels heeltemal verkeerd verstaan het wat Jesus van praat. Die lande wat wit is vir die oes (:35) wys na die mense wat uit die dorp stroom om te kom kyk. Die kos wat Jesus het wat Hom gevoed het. Dat Hy geestelik waarde vind om die Koninkryk van God te vestig op ‘n plek in die geskiedenis.
Vir ons 4e fase van kerkwees is een saak belangrik. Van die een tot een brei dit uit na die dorp. Daar gebeur baie een tot eens. Hulle besef elkeen hulle nood. Hulle kom elkeen uit by die water vd lewe. ‘n Lewenswyse begin wat nou nie meer berg toe gaan om kerk te hou nie, maar in verhouding met Jesus leef. (:42) Dis nie ‘n kollektiewe belydenis nie. Hulle het nie almal saam ‘n besluit geneem nie. Hierdie is elkeen afsonderlik wat ONS geword het.
Hierdie vierde fase gaan ons bring by die ander beginsel van Net Kerk wees. Heb.13:13 en ander tekste. Buite die mure. ‘n Beginsel wat die lewenswyse nog groter en vreemder maak.
Kerkwees. ‘n Lewenswyse.