Profeet Mossel
Iewers langs die Ooskus van Suider-Afrika het ek op hierdie snaakse skryfpatrone op ‘n strand afgekom. Mooi in blokke groepeer met elkeen sy eie formaat. Kyk gerus na die fotos. Dis nie bewerk nie. Net soos ek dit gekry het. Dit het my laat dink aan een of ander geskrif. Asof hierdie mossels of slakke (sommige sê sandvlooie) bewustelik iets besig was om te skryf.
Dalk een of ander profesie?
Sien. My gedagtes het toe gedraai na al die uitsprake van die optredes van hedendaagse Apostels en Profete (en predikers) in die afgelope jare. Daar kom nou juis weer ‘n profesie uit Zimbabwe oor die wonderlike goed wat gaan gebeur. Hierdie selfaangestelde profete/apostels ruk die Bybel uitmekaar met stellings wat al menige kere as verkeerd en vals bewys is.
Ek glo onbeweegbaar in die volledigheid van die Bybel en dat dit die Besondere Openbaring van God is. Die meeste van die selfgeproklameerde profete/apostels matig hulle die reg aan om goed by te voeg soos hulle pas. Ook om sekere dele uit te lê sodat dit by hulle standpunte pas. Trek dit nog verder dan beskou hulle hulself as die uitgesonderde sprekers namens hierdie openbaring en dus namens God.
Baie kerkmense, hopelik Christene, gee dan ook aan hierdie predikers `n plek wat amper soos ‘n tussenganger tussen hulle en God is. Bloot omdat meeste kerkmense die afgelope dekades te lui was om werklik die opdrag as dissipel na te kom. Dalk was daar die wat nie lui was nie, maar hulself laat verval het in een van hierdie predikers se maelgate en verdrink het in hul eie onkunde en onvermoeë om ‘n lewende verhouding met God te hê.
Terug by die mossel se skryf in die sand. Ek daag al die sogenaamde profete en apostels uit om daardie skrif van die mossels te gaan uitlê. Ek dink die mossel se geskryf is iets van ‘n proklamasie van die Skepper God. Dalk is dit hulle loflied aan Hom, of dalk is dit die Skepper wat ‘n boodskap in sy skepping laat opskryf.
Loop lees dit en lê dit uit. Dan sal ek aanvaar dat die profeet/apostel uitsprake iets werd is. Deur die tyd is baie profetiese woorde en apostel uitsprake as vals bewys. (soos alle Pouslike uitsprake ook). Maar al die uitsprake en preke gaan getoets word en dit wat net die mens self gedien het, sal ontbloot word. Leiers wat ‘n posisie opgeneem het wat nie van God gekom het nie en wat eintlik vir die gemeente se funksionering bedoel was.
Miskien kan hierdie Mossel Profeet al ons Christene en kerkmense leer dat daar in elke mens ‘n openbaring is. As jy in Christus is, is jy ‘n lewende boek van Hom. Jy het nie nodig dat daar ‘n profeet/apostel jou met mooi praatjies ompraat om jou rustig genoeg te maak om jou inkomste na hulle toe uit te blaas nie. Dis tyd dat ons as Christene ophou om ons verantwoordelikheid in Christus af te gee. Te abdikeer na iemand wat homself aanstel en die mooiste stories spin. Hou op om predikers en voorbidders te soek wat namens jou moet optree asof jy nie werklik kan bid nie. (dit het ‘n paar keer gebeur in SA in 2017).
Almal. Gaan lees die Mossel Profeet se skrywe in die sand. Sommer op die fotos wat bygelas is. Kyk na die andersheid. Lojaliteit. Gehoorsaam aan sy skeppingsopdrag. Dan kyk jy weer na jouself. Kom tot die verstaan en erkenning dat JY eintlik geroep is en ‘n bepaalde opdrag het en dit nie mag afskuif nie. Nie soos die hedendaagse profete/apostels wees om net die aandag op jou en jou saak te vestig nie. Ons is gemaak om ons Skepper se plan uit te voer.
Sal ek maar eerder weer na Jesus se manier toe gaan toe Hy op aarde was. Iewers in die Evangelies se verhaal buk Hy af en begin in die sand skryf terwyl ‘n klomp geestelike leiers klippe optel om ‘n vrou dood te gooi.
Hulle wag op Jesus se veroordeling.
Hy skryf in die sand.
Baie kenners van die Skrif het al probeer verklaar wat Jesus daar geskryf het. Als spekulasie.
Miskien het hy daar die Mossel Profeet se skrif geskryf. Miskien ‘n lofprysing aan sy Vader. ‘n Eulogie sodat Hy kon voorgaan met sy missie op aarde: om mense se sondes te vergewe en uiteindelik daarvoor te betaal.
Vir wie kyk jy vir jou geestelike lewe en vir jou hele aardse bestaan.
Mossel profeet