GIGA en GIG
"Liewe pa. Ek skryf hierdie brief om te vertel hoekom ek nie meer kerk toe gaan nie. Ek leef nou volgens nuwe beginsels waarvan die moeilikste is die GIGA en GIG!"
Ja. Ek is ernstig dat ek die deel so wil skryf en publiseer. Vandat ek ‘uit die kerk’ is, is die reaksie van die mense naby my (en die wat nie so naby is nie) baie geestelik. Hulle bid gedurig vir my ‘terugkeer’. Alhoewel ek dit waardeer, is dit juis wat ek graag wil aanspreek. Ek het verander. Ek wil nie Sondag na Sondag na boodskappe luister wat niemand iewers heen vat nie en beslis nie wat mense hel toe stuur omdat hulle die die salaris van die predikant hoog genoeg maak nie. "Gee jou tiende dan sal jy geseën word. As jy nie jou tiende gee nie, sal dit met jou swaar gaan...!" Ek was werklik lankal moeg vir die manipulering van prediking en die manier om eredienste te gebruik om jouself op die podium te kry.
Daarby is ek sat vir die vreesteologie. Daar is by menigtes bloot ‘n kulturele vrees en daarom gaan hulle kerk toe, gooi geld in die kerkrekening en probeer so leef dat die kerkmense en leierskap tevrede sal wees met hul lewe. Daar is soveel bygeloof hier in dat dit skrikwekkend is. Vat die Plek Persoon en Tyd weg en jy sien hoe mense uitmekaar val (nie net die betaalde predikante nie). Maar vat hel weg en jy sien hoe loop die ‘kerke’ leeg. NEE. Ek sê nie daar is nie ‘n hel nie!
Maar ás daar nie ‘n hel is nie, wonder ek of iemand nog belang sal stel om die pad van die geloof en ‘mure kerk’ te volg. Waarvoor is jy dan bang en hoekom sal jy dit doen? Natuurlik is die hemel die ander kant waarmee mense hulself paai oor hoekom hulle glo en kerk toe gaan. Vat nou die hemel ook weg en kyk wie stel nog belang in godsdiens! Des te meer die mure-kerk godsdiens.
Meeste mense is in hierdie verhouding nie oor God nie, maar oor bysake. Dis weereens meetbaar.
Dit het my gebring by die beginsel van GIGA en GIG. Klink lekker ‘spiritisties’!
Maar dis moeiliker as geeste oproep en met groot brawade preek!
God Is Groter As...
Om in verhouding met God te leef vra ‘n bepaalde erkenning. Amper om eers jou plek te ken voor jy tot die verhouding toetree. Die vraag is: hoe groot is jou God. Meer spesifiek: Hoe groot is God vir jou?
Sonder om die groepe spesifiek te identifiseer, net ‘n opmerking uit die praktyk van godsdienste. In reise sien ek dikwels die mense wat iets te doen het met die aanbidding van die son. Sonder om hul teologie te bespreek of te evauleer het ek eendag die volgende gesê: Julle buig voor die son in die oggend as hy opkom en in die aand buig julle weer as hy onder gaan. Jy kan doen wat jy wil, maar as my God my elke nag alleen los, dan soek ek die God wat groter is as daardie een. Dieselfde het ek iewers in ‘n land gesê waar die mense natuur objekte aanbid soos bome. As die veldbrand deur trek, dan is die god weg. Dan soek ek ‘n God wat groter is as die boom.
Bring dit dadelik binne die Christendom. Het God nie opmerklik klein en hanteerbaar geword nie? Ek druk net gou ‘n kerksessie of gebedsbyeenkoms in en siedaar, God is tevrede! Ek doen ‘n uitvoerige Bybelstudie kursus en kry erkenning op papier en daar is God tevrede. Of, ek glo dat ek pers word, gee my tiende en gebruik die beginsel van ‘gee dan word jy geseën’ of ek ‘vloei’ vryelik in die gawes van die gees en so kry ek my sterretjies.
Ek wil nie eens wonder of dit reg of verkeerd is om al die godsdienstige goed te doen nie. Maar as jou god net dit behels, dan het jy bloot ‘n hanteerbare god geskep en is hy nie juis groot en buite jou begrip nie.
Hierdie stelling moet jou dryf om agter en bo-oor elke ding te skryf:
GIGA: God is groter as jou geloof in Hom.
GIGA jou teologie en dogma.
GIGA jou idee van Hom.
GIGA jou kerk en wyse van aanbidding.
GIGA die Bybel.
GIGA die skepping.
Hiermee kan jy oneindig aangaan. Maak nie saak waaraan jy dink nie, GIGA dit. Aan die een kant is dit nodig om te weet, want sodra God gemaklik genoeg geraak het om te hanteer, word dit ‘n afgod. Sodra God inpas in jou raamwerk en uitsprake (denominasie; dogma; leerstelling), word dit ‘n afgod. Ek weier om ‘n god te aanbid en te dien wat ingeperk word deur ons denke en optredes. Ek weier om mense voor te stel aan ‘n God wat ingeperk kan word. Ons moet mense dring om groter te dink. Verder, hoër en dieper te gaan. Moenie stop met hierdie proses nie, want hierin word jou verhouding met God gevorm.
Aan die ander kant is daar natuurlik groot troos hierin. As Hy groter is as alles, is Hy ook groter as die swaarkry wat ons nou deur gaan. Hy is groter as my siekte. GIGA jou baie geld of jou min geld. GIGA die dood van jou geliefde en uiteindelik jou eie dood.
Moenie stop met die GIGA beginsel nie. Net nie van jou kop af raak nie, want dit kan nogal angswekkend raak. Ek dink aan daai ou wat uit die balon gespring het iets soos 35km bo die aarde. As jy nou dink dit was ‘n groot sprong, dan moet jy by hierdie sprong uitkom om GIGA te oefen elke dag. Jy gaan baie troos en genade nodig hê as jy dit waag op die pad.
Toe nie die einde nie. Die GIG is nog dieper en groter.
GIG! God is goed. (in Engels dieselfde!)
Hoekom ek begin by die GIGA is doodgewoon dat ons nooit GIG sal verstaan as ons nie eers GIGA deurgetrap het nie. Die goedheid van God is nie onderhandelbaar nie. Tog leef ons so langsaan dit verby. Die meeste Christene dink nooit lank genoeg daaraan om daardeur aangespreek te word nie. Maar daar is duidelike tekens in die laaste jare dat wanneer mense daaraan dink, hulle vinnig begin verskoning soek vir God. Hoe kan Hy vir die dood van kinders verantwoordelik wees en steeds goed wees? Nog baie ander vrae oor oorlog en hongersnood en ander natuurrampe maak ‘n klomp vreemde verskonings wakker by die Christene.
Aan die een kant is daar die wat in opstand kom en bloot God eenkant toe skuif as ‘n kulturele verskynsel en basies ateïsties begin leef. Dan is daar die tradisionaliste wat in ‘n apatie ingaan en verklaar dat ‘n mens nie so oor God mag spreek nie en dat Hy kan doen wat Hy wil. Dan is daar die groeiende groep wat die duiwel die skuld gee. God kan nie sulke goed doen nie en dis die vyand wat nou losgelaat word wat hierdie goed bewerk. So word God onmagtig verklaar oor sekere dele van sy skepping en almal maak verskoning vir God.
In GIG is die beginsel dat jy kan verklaar dat God goed is in alle omstandighede. Voor jy vra hoekom ‘n ding gebeur het, terwyl jy nog in die skok en die rouproses van seerkry en dood is, word die gedagte al gevorm. God is goed. Dit is sy wese. Daar is niks sleg en kwaad in sy wese nie. As ons aan die kant swaarkry ervaar, dan ontneem dit God nie aan sy goedheid nie. Hy word nie minder goed nie.
Dis in wese teen die mens se geaardheid om oor te gee en toe te gee. Om die minste te wees is nie wat ons graag doen nie behalwe deur dwang. Om dus tot die algehele erkenning te kom vat ‘n bewustelike oorgawe aan die wete dat God goed is. Dit sal soms teen jou grein ingaan en opstand wakker maak in jou vleesmens, maar dis ‘n lewensbeginsel wat redding inhou uit vermoeidheid en swaarkry. Dis ‘n beginsel wat depressie en angs kan oorwin en vermorsel. Dis ‘n werk van die Heilige Gees wat die versekering kan bring dat niks jou kan skei van die liefde van God nie: want GIG.