Die Net Kerk Beginsels1. Die Nood
Net Kerk se primêre bedoeling is om kinders van God wat buite die struktuur van tradisionele kerk leef te bereik: Lees meer... 2. PPT - Plek, Persoon, Tyd Die beginsels wat die begin veroorsaak het. Vanselfsprekend is dit God en die Bybel. Lees meer... 3. GIGA en GIG Liewe pa. Ek skryf hierdie brief om te vertel hoekom ek nie meer kerk toe gaan nie. Ek leef nou volgens nuwe beginsels waarvan die moeilikste is die GIGA en GIG. Lees meer... 4.Kerk- `n Lewenswyse Die beginsel van kerkwees word baie goed ontleed in Joh.4. Daar is baie ooreenstemmende tekste wat dieselfde beginsels uitspel. Hier egter in ‘n verhaal in Jesus se lewe. Dit volg hoofstuk 4 se verloop. Lees die teks saam met die ontleding. Lees meer... |
Profeet MosselIewers langs die Ooskus van Suider-Afrika het ek op hierdie snaakse skryfpatrone op ‘n strand afgekom. Mooi in blokke groepeer met elkeen sy eie formaat. Kyk gerus na die fotos. Dis nie bewerk nie. Net soos ek dit gekry het. Dit het my laat dink aan een of ander geskrif. Asof hierdie mossels of slakke (sommige sê sandvlooie) bewustelik iets besig was om te skryf.
Dalk een of ander profesie? Lees meer... Nuwe Blogpost: My SelfmoorddagboekEk hoor die afgelope tyd al meer van die mense wat selfmoord pleeg of dink aan selfmoord. Die 'slim' ouens noem dit deesdae 'selfdood'.
Ja nes jy wil ou grote. Tog dink ek die sogenaamde geestelikes en professionele ouens is nie die regtes om te help nie. Hulle kan so 'n kwart doen. Die res is vir ons gewone mense. As ons omgee vir mekaar en bietjie meer laste dra en stilstaan om regtig te luister en tyd maak. Dan word jy die tool wat gebruik kan word om iemand weer sin in die lewe te gee. Ek het byna 15 jaar my in selfmoord 'berading' bevind. Dis een van die moeilikste goed wat mens kan hanteer. Dis negatief. Donker. Verkeerd verstaan deur die meeste en word altyd in negatiewe lig gestel. sien meer... |
B + B Geloof in Lewenswyse
Baie mense gebruik geloof om iets te bewys soos jou geesteskrag, godsdienstigheid en meerderwaardigheid. Ander weer sal dit as identifisering gebruik. Soos ‘n denominasie of bepaalde kultuur soos pinkster of gereformeerd. Tog is geloof eintlik heeltmal anders. ‘n Lewenswyse. Geloof is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie. Geloof is eerder om die lewe te leef met jou gedagtes op iets meer as dit waarmee jy besig is. Jy kyk met oë wat aan die agterkant die ewigheid sien en dit maak dat jy aanhou doen. As jy terug kyk, is daar geen roem op jou goeie en groot geloof nie, want dis die onbewuste krag waaraan jy jou vasmaak vir die hele lewe. |